| “Terwyl die Donker Wolke Dans” weerspieël die groei wat hulle as lede én as band die afgelope twee jaar ondergaan het. Met `n kombinasie van country, folk en rock invloede, kondig die groep `n nuwe seisoen vir Afrikaanse musiek aan. Dit is vloeiend en karaktervol, soos daardie ou jeans wat in jou kas lę, daardie paar waarin jy op jou gemaklikste voel. Die lirieke is geskryf deur Emile Swiegers en Pieter de Jager. Hul manier van skryf wys op `n skerp oplettendheid van die węreld rondom hulle. “So onbewus, dog so aspris.” |